Op Toer
Kruger/Kersfeesvader op Die Wasgoedlyn
Sinterklaas gee na bewering elke jaar vir elke kind in die wêreld ‘n geskenk, maar nie elke kind verdien ‘n prezzie nie.
So het Stef Kruger oor die afgelope 40-plus talle geskenke aan Afrikaanssprekendes uitgedeel. Dalk te veel. Sy woorde het kunstenaars soos Dozi op die map geplaas en daardie selfde woorde het tot ‘n groot mate ‘n sin van eenvormigheid in ‘n andersins gesplete musiekwêreld tot stand gebring.
Dinsdag het Stef sy wonderwoorde aan Die Wasgoedlyn by Black Vanilla in Groot Brak gehang en ook bewys dat daar wel ‘n kunstenaar is wat met ‘n meer belaglike broek as die een wat Riku Lätti gewoonlik dra, op ‘n verhoog te verskyn.
Riku het sy pienk nommertjie by die huis vergeet, hy pak die #SpanDieLyne toer met so ‘n nuwe zef jeanpant aan.
Buiten ‘n legendariese komponis is Stef ook ‘n grapgat. Hy belowe egter tong-in-kies dat sy stories op ware verhale baseer is, hoewel die waarheid in sy musiek aansienlik meer vir die verbeelding laat.
Sy liedjies het, en bly steeds, die musikale verwysingsraamwerk in ons land verander. Het ons al die woord legende genoeg gebruik?

Stef het tydens die optrede – wat ook ‘n mode-parade ingesluit het – nie een snit van ‘n ander kuntenaar gespeel nie.
Ek speel nie covers nie so dit was vir my lekker om vir ‘n slag musikante soos Riku en Petronel se musiek te speel, of te probeer speel, wys Stef sy beskeie deel.
Tog, vir diegene wat hom dalk vir die eerste keer teekom kon dit netsowel ‘n Afrikaanse treffers show gewees het.
Ons is almal grassade my kind. – Stef Kruger
Riku het natuurlik binne etlike minute met die trekklavier ingeval terwyl die Suid-Kaap se dame van klawers en harte, Petronel Baard, ook nie die geleentheid om saam met die legend te speel misgeloop het nie.
Petronel is nou amptelik ‘n dame. Sy het onlangs die naughty 40s betree en verkies om onder geen omstandighede in Johannesburg spitsverkeer agter die stuur te wees nie.
Sy het ook reeds genoeg bergpasse met haar groen karretjie trotseer en sy ken feitlik elke kinkel op die pad tussen Kaapstad en Pretoria.
Soos dit ‘n goeie dame betaam geniet sy ook per geleentheid ‘n glasie wyn en met Du Toitskloof wat hul druiwe op Die Wasgoedlyn gehang het, kon sy saam met Riku, Jackie, Johan Smit en Bamboesina van die See ‘n onvergeetlike skemerkelkie voor die vertoning geniet het.
Riku: “Ons wil hiermee DuToitsKloof, Bernard Kotze in besonder, vir hul bydrae tot die sukses van ons toer bedank.
“Hierdie wêreld-eerste Pikke-pikkewyntoer met Pinotage Merlot Ruby Cabernet gaan goed af met ‘n vuurtjie en warm geselskap met vriende.
“Kyk uit vir die Wasgoedlyn, ons is tien teen een al oppad na jou dorp toe. Kom hang aan die lyn, 11 Augustus om 20h30 op kykNET NOU! op DSTV kanaal 146”
Petronel se stem is net eenvoudig een van daardie dinge wat mens in jou leeftyd moet ervaar. Om daaroor te skryf is sinneloos.
En soos dit nou maar by enige Wasgoedlyn samekoms gebeur, het sy ook haar eie stempel op van haar mede-kunstenaars se liedere afgedruk.
“Petronel is van ons kerk se mense. En dit wat sy hier in Groot Brak doen is fantasties vir Afrikaans en musiek.”
Petronel bied elke ander week ‘n sogenaamde Oermoer byeenkoms aan waar daar om ‘n vuur of in ‘n park, koffiewinkel of iewers in ‘n wonderskoon Suid-Kaape tuinmusiek gemaak word.
“Elke Oermoer, seker nes elke Wasgoedlyn-vertoning, is anders,” verduidelik Petronel.
“Die een aspek wat egter nooit verskil nie is die gees by ‘n Oermoer. Almal bring ‘n dis en daar word gedeel en gesels en musikante word die geleentheid gebied om dit wat hul geniet te doen vir mense wat ‘n regte waardering vir musiek het.”
DIE #SPANDIELYNE TOER IS MET TROTS GEBORG DEUR

Comments are closed
Recent Comments