Kroeskop vol geraas is ‘n uitmuntende debuutalbum, met 13 snitte, opgeneem deur Riku Lätti van Wasgoedlyn Produksies. Met die subtitel “Veldmuis/Stadsmuis” is Churchil se plan om te fokus op 2 definitief verskillende style: Veldmuis = Akoesties/melodies/unplugged (6 snitte); Stadsmuis = Elektries/Harder Hiphop/Urban (6 Snitte) en dan is daar ‘n reggae rap “Onse Vaders” wat mooi tussen in val.