Op Toer
Die Koning van Boesmansriviermond
By Boesmansriviermond was dit kinderspeletjies
So bietjie meer as 120km noord van Port Elizabeth vind jy Boesmansriviermond, waar gasvryheid en langarm niks vreemds is nie.
Hier het Die Wasgoedlyn saam met Jacques de Coning, eienaar van Bushman’s Bar and Grill so bietjie musiek gemaak en twak gepraat.
Die uitsig van hul stoep af is ook nie te versmaai nie.
Regs voor die kroeg, so paar meter voor die ingang sit Pierre. Pierre groet met die linkerhand want hy het so paar jaar gelede sy regter in ‘n fratsongeluk verloor.
Van die gaste sluit in Springbok spandokter Dr Conrad von Hagen en sy gesin.
Riku besluit daar en dan om ‘n paar snitte van sy album Janneman in die Diereryk te speel. Vir die kinders.
By Boesmansriviermond is nie net die dorp se naam ‘n mondvol nie. Die De Conings maak ook ‘n burger wat diè kenner daartoe gedryf het om daaroor te moet skryf.
Grote is nie alles nie. Die geheim lê natuurlik in die patty. Ons leer later dit is ‘n De Coning resep.
Vir die familie wat in BBG’s kuier sorg Jacques dat daar aan elke versoek voldoen word as hy saam met Riku, wat vir ‘n slag die baskitaar tokkel, op die verhoog klim.
Op die dromme is daar ‘n man met die naam Fernando.
“Yes we could hear the drums Fernando, dit was baie cool,” vertel Riku,

*Die Wasgoedlyn bedank graag die personeel by BBGs en veral Jacques de Coning wat sy huis, hart en pragtige kuierplek aan Die Wasgoedlyn gehang het.
*Die Wasgoedlyn word die naweek in Pretoria gespan. Vir meer inligting, kyk na ons vertoningsgids.
Op Toer
‘n Normale dag op Die Wasgoedlyn?
Soos ons deur die land reis ontvang ons dikwels oproepe van organiseerders wat wil uitvind waaroor Die Wasgoedlyn gaan. Hul wil weet wat om op die verhoog te verwag asook die formaat wat gevolg gaan word.
Die eenvoudige antwoord is dat geen vertoning van Die Wasgoedlyn dieselfde is nie en dat daar iets unieks sal plaasvind.
So het ons verlede week vanuit Groot Brak die wasgoedlyn tot in Knysna gespan en hoewel daar soveel opwindende dinge gebeur het, was dit dalk ook die beste voorbeeld van hoe ‘n normale dag op Die Wasgoedlyn afspeel.
Hier is ‘n blow-by-blow van die “normale”:
Die Wasgoedlyn wil hiermee vir Cecily en Jackie van BetterLive vir hul moeite en liefde bedank. Hulle sorg dat van ons land se beste musikante in Knysna, en ander dele van die tuin roete optree. Gaan gee hul Facebook blad ‘n like.
Die Wasgoedlyn word die week in Pretoria gespan met optredes by Dowe Digters, Fanie’s Place en Cafe Barcelona.
Vir meer inligting, kyk na ons vertoningsgids.
Op Toer
Kruger/Kersfeesvader op Die Wasgoedlyn
Sinterklaas gee na bewering elke jaar vir elke kind in die wêreld ‘n geskenk, maar nie elke kind verdien ‘n prezzie nie.
So het Stef Kruger oor die afgelope 40-plus talle geskenke aan Afrikaanssprekendes uitgedeel. Dalk te veel. Sy woorde het kunstenaars soos Dozi op die map geplaas en daardie selfde woorde het tot ‘n groot mate ‘n sin van eenvormigheid in ‘n andersins gesplete musiekwêreld tot stand gebring.
Dinsdag het Stef sy wonderwoorde aan Die Wasgoedlyn by Black Vanilla in Groot Brak gehang en ook bewys dat daar wel ‘n kunstenaar is wat met ‘n meer belaglike broek as die een wat Riku Lätti gewoonlik dra, op ‘n verhoog te verskyn.
Riku het sy pienk nommertjie by die huis vergeet, hy pak die #SpanDieLyne toer met so ‘n nuwe zef jeanpant aan.
Buiten ‘n legendariese komponis is Stef ook ‘n grapgat. Hy belowe egter tong-in-kies dat sy stories op ware verhale baseer is, hoewel die waarheid in sy musiek aansienlik meer vir die verbeelding laat.
Sy liedjies het, en bly steeds, die musikale verwysingsraamwerk in ons land verander. Het ons al die woord legende genoeg gebruik?

Stef het tydens die optrede – wat ook ‘n mode-parade ingesluit het – nie een snit van ‘n ander kuntenaar gespeel nie.
Ek speel nie covers nie so dit was vir my lekker om vir ‘n slag musikante soos Riku en Petronel se musiek te speel, of te probeer speel, wys Stef sy beskeie deel.
Tog, vir diegene wat hom dalk vir die eerste keer teekom kon dit netsowel ‘n Afrikaanse treffers show gewees het.
Ons is almal grassade my kind. – Stef Kruger
Riku het natuurlik binne etlike minute met die trekklavier ingeval terwyl die Suid-Kaap se dame van klawers en harte, Petronel Baard, ook nie die geleentheid om saam met die legend te speel misgeloop het nie.
Petronel is nou amptelik ‘n dame. Sy het onlangs die naughty 40s betree en verkies om onder geen omstandighede in Johannesburg spitsverkeer agter die stuur te wees nie.
Sy het ook reeds genoeg bergpasse met haar groen karretjie trotseer en sy ken feitlik elke kinkel op die pad tussen Kaapstad en Pretoria.
Soos dit ‘n goeie dame betaam geniet sy ook per geleentheid ‘n glasie wyn en met Du Toitskloof wat hul druiwe op Die Wasgoedlyn gehang het, kon sy saam met Riku, Jackie, Johan Smit en Bamboesina van die See ‘n onvergeetlike skemerkelkie voor die vertoning geniet het.
Riku: “Ons wil hiermee DuToitsKloof, Bernard Kotze in besonder, vir hul bydrae tot die sukses van ons toer bedank.
“Hierdie wêreld-eerste Pikke-pikkewyntoer met Pinotage Merlot Ruby Cabernet gaan goed af met ‘n vuurtjie en warm geselskap met vriende.
“Kyk uit vir die Wasgoedlyn, ons is tien teen een al oppad na jou dorp toe. Kom hang aan die lyn, 11 Augustus om 20h30 op kykNET NOU! op DSTV kanaal 146”
Petronel se stem is net eenvoudig een van daardie dinge wat mens in jou leeftyd moet ervaar. Om daaroor te skryf is sinneloos.
En soos dit nou maar by enige Wasgoedlyn samekoms gebeur, het sy ook haar eie stempel op van haar mede-kunstenaars se liedere afgedruk.
“Petronel is van ons kerk se mense. En dit wat sy hier in Groot Brak doen is fantasties vir Afrikaans en musiek.”
Petronel bied elke ander week ‘n sogenaamde Oermoer byeenkoms aan waar daar om ‘n vuur of in ‘n park, koffiewinkel of iewers in ‘n wonderskoon Suid-Kaape tuinmusiek gemaak word.
“Elke Oermoer, seker nes elke Wasgoedlyn-vertoning, is anders,” verduidelik Petronel.
“Die een aspek wat egter nooit verskil nie is die gees by ‘n Oermoer. Almal bring ‘n dis en daar word gedeel en gesels en musikante word die geleentheid gebied om dit wat hul geniet te doen vir mense wat ‘n regte waardering vir musiek het.”
DIE #SPANDIELYNE TOER IS MET TROTS GEBORG DEUR

Bekendstelling, Op Toer
Magiese afskop vir die Wasgoedlyn

Daar is ‘n pragtige lied deur Arlo Guthrie “Alice’s restaurant” waar die geselskap ter sprake meer as een keer ‘n “thanksgiving dinner” ervaar “that couldn’t be beat. Hierdie aand was ‘n verhaal van ‘n konsert that couldn’t be beat.
Vroeër vanjaar het die Wasgoedlyn die voorreg gehad om by US Woordfees en Solms Delta Oesfees met die Klein Libertasteaterkoor (KLTK) op te tree.
Verskeie ontmoetings met die koor later het in vriendskappe ontaard en selfs die herdoping van die KLTK na die Churchil Naude-Koor toe. Sien dié spesifieke rymkletser van Mitchell’s Plain is nie soos die deursnit rapper wat met sy DJ en ‘n paar backtracks opdaag en selfverheerlikende rympies uitspoeg en “sy eie naam roep dat dit weerklink” nie.
Nee, Churchil Naude voel tuis wanneer daar ‘n hele span musikante om hom speel en almal gelyk en lewendig musiek maak waaroor hy dan sy digterlike woorde inbed. En sy woorde is fantasties, dit begin almal nou al weet. Gaan google bietjie wat sê Koos Kombuis oor Churchil Naude.
Die voordurende vriendskaps/werksverhouding tussen die KLTK en Die Wasgoedlyn het beteken dat toe daar sprake was van ‘n huiskonsert met Churchil Naude, Riku en Jackie Lätti en die alombeminde Gert Vlok Nel, was daar net vir omtrent net een dag lank kaartjies beskikbaar. Dolla, die konsert se gasvrou, het spesiaal moes plek maak op haar balkon om mense wat nie kon wegbly nie, ook te akkommodeer.
Gaste is met die soet klanke van Bacchus Nel se nuutse plaat in die agtergrond verwelkom waarna Riku en Jackie, met die hulp van kontrabaskoning Johan Smit, harte warm gemaak het.

Tydens die konsert het Riku ‘n hele paar nuwe liedjies (wat binnekort op CD vrygestel word) vir die eerste keer voor ‘n gehoor opgevoer. Dit was weereens ‘n bewys van die talent en veelsydigheid wat Riku in ‘n klas van sy eie sit.
Vir ‘n voorsmakie van die nuwe album, luister gerus hierna:
Dalk was dit die vonkelwyn, of dalk die watertand tamatiesop, maar teen die tyd wat dit Gert se beurt was om musiek te maak was almal teenwoordig in ‘n besondere goeie gees.
Oudergewoonte is daar ‘n traan of twee tydens diè legende se optrede gestort.
Met Louis Awerbuck, Johan en Riku wat onderskeidelik met mondfluitjie, kontrabas en trekklavier Gert ondersteun het, was dit beslis nie net beautiful in Beaufort Wes nie.
Later het die oomblik waarvoor soveel van die Churchil Naude-Koor lede gewag het aangebreek.
Churchil was spreekwoordelik stomgeslaan toe hy weereens besef het hoe groot impak sy woorde op diè groep mense uit ‘n ander lewensbaan gemaak het.
Die feit dat enige iemand my lirieke terug rap saam met my is fantasties. Ek het nooit gedink ‘n klomp wit tannies van Stellenbosch sou my musiek so goed ken nie. Dis befok.
Die kletsrymer is ‘n wasgoedlyner van formaat en het kort na sy optrede Riku en Jackie bedank vir die bydrae wat hul reeds tot sy loopbaan gemaak het.
Dit is deur die Wasgoedlyn dat ek nou my album uit het –dit is ‘n befokte initiatief wat Riku begin het en die feit dat dit van die hart af kom, en jy kan sien dit kom van die hart af, is die rede waarom ek deel is daarvan.
Die Wasgoedlyn word vandag, 19 Julie, tussen Strand en Groot Brak gespan waar Petronel Baard en Stef Kruger by Black Vanilla vir nog soet klanke sal sorg.

Op Toer
Span die lyne – Landswye toer
Die Wasgoedlyn – Span die lyne toer het sopas begin! ‘n Toer wat strek oor die hele land in opgewondenheid oor die Die Wasgoedlyn TV reeks wat vanaf 11 Augustus Donderdag aand om 20h30 op kykNET Nou! begin wys.
Missie: Die Wasgoedlyn gelei deur Jackie en Riku Lätti, onderneem om stadig van die Kaap tot by Oppikoppi, deur die land te reis met heelwat stoppe op interessante plekke om konserte met verskeie nuwe en talle oues, te hou.
Sien die land. Vliegtuie het ons die geleentheid gegee om ver te reis sonder om te weet hoe die land lyk.
Ontdek nuwe talent. Die Wasgoedlyn is opsoek na skeppende kunstenaars om mee te werk op die tweede reeks van Die Wasgoedlyn TV program.
Hou uitmuntende konserte oral waar ons hang. Inspireer mense en jy skep ‘n gesonde borrelende gemeenskap van skeppers wat hou daarvan om die siele van mense te roer (ons is almal beter af as ons die beste uit onse mense te voorskyn bring).
Dra iets by. Skep iets nuuts. Ons nooi almal wat ons teëkom om hul skatte in ‘n gemeenskaplike skatkis te plaas waarvan ons almal die vrugte kan geniet.
Ervaar iets besonders in jou eie leeftyd.

Toer datums vir Julie
- 19 Julie – Black Vanilla (Groot Brak)
- 20 Julie – Amuse Fusion Food (Knysna)
- 22 Julie – Port Elizabeth (Jan de Koning)
- 23 Julie – Dewetsdorp
- 24 Julie – Rosendal
- 28 Julie – Dowe Digters (Pretoria)
- 29 Julie – Fanie’s Place
- 30 Julie – The Good Luck Bar
- 30 Julie – Cafe Barcelona
- 31 Julie – Pretoria (huiskonsert)
Volg gerus die #SpanDieLyne toer op twitter, facebook en instagram.
Die #SpanDieLyne toer is met trots geborg deur

Recent Comments