
Jackie Lätti
Jackie Lätti is kleurvol en geheimsinnig, daarom sal mens nooit weet wat sy alles gedoen het nie. Maar wat ons wel weet is dat sy ‘n akteur is. Die filmaker Jans Rautenbach het haar natuurlike vermoëns om onmiddellik in ‘n karakter se vel te klim, geprys. Sy is ook ‘n sanger. Haar mees onlangse publieke uitreiking as die stem agter Churchil Naude se bruin bliksem sal enige denkende brein verbyster met haar dramaties vertolking ala Shirley Bassey. Derdens is sy ‘n skrywer/digter. Dan is sy ‘n stemkunstenaar en radio-aanbieder soos gehoor op Wasgoedlyn volume 1 asook Jaco Botha se Lulu Lerulu kinder-audioboek wat sy voorlees en talle karakters vertolk. Daarna is ook die matriarg, kostuumkonseltant/garderobemeester van die Wasgoedlyn. Sy’s die een wat seker maak almal word na omgesien en lyk kwaai. Sonder Jackie is die hart van die Wasgoedlyn net halfpad daar.