
Gert Vlok Nel
Is al male sonder tal daarvan beskuldig dat hy melankolies is, maar eintlik SKRYF hy net melankoliese, nostalgiese gedigte oor sy plekke en sy mense in sy besonderse, onopgesmukte eiesoortige Afrikaans. Na sy debuut bundel, Om te lewe is onnatuurlik, het hierdie enigmaties man met sy moulose swart gewade kultus-aanhang gekry en regmatig so. Beautiful in Beaufort Wes is al deur meer as 15 kunstenaars opgeneem. Hy deurkruis hierdie Suid-Afrika en ook Europa met sy kitaar op sy rug en ‘n lied in die hart wat mense moet hoor. Gert Vlok Nel is vele dinge, en daar is al deur akademici oor die man en sy poësie geskryf en bespiegel, maar op die einde van die dag is hy maar net ‘n sensitiewe romatikus met ondeunde seuntjie-kyk in die oog.