Op Toer
Dag 6 Deel 2: Showtime
Ons bestorm daai stage soos ‘n honger skoolrugbyspan ‘n skinkbord lemoene in halftyd. Les plak heel regs. Dis waar jy hom sal kry. Ver regs. Dis hoekom die boere sy musiek so baie like. Langs hom kap Loit vir hom so plekkie uit. Dan positioneer Lochner homself en langs hom Rian M. Tussen my en Rian M is Jackie M, net waar sy wil wees as ons begin speel. Maar meer daaroor later, kom ons bly by die musiek vir nou. Aan my ander kant gaan staan die sexy Lanimybru en ek voel soos ‘n ster omring deur sex appeal en goeie muso’s.
Wat soek ek nou weer? O ja, die sound guys was excellent, sodra die man sy plek gekry het was daar iemand by wat wou weet: wat soek jy bra? Mics? Kabels, alles? Want ons het alles. Agter op die tromme skuif Bradley C in en Ruben is so chuffed want hy gaan speel op Uriah Heep se keyboard met hulle setlist van laasnag op die keys vasgeplak. Moerse chuffed, check die foto’s… in sy noppies.
Daar is nie juis sprake van soundcheck nie, ons is betyds, maar nie vroeg nie, ons val weg met Hoofstroom. Dis ons eerste nommer en sommer ons soundcheck song ook, want almal speel iets op die track. My kitaar werk. Ek speel die eerste paar note. Dan hoor ek van my regterkant Les se mic werk. Sy heilige mondfluitjie in D kom oor die klanksisteem en ek sien hoe die mense begin omdraai en opkyk. Dan hoor ek Bradley stadig bykom met die beat. Het ek genoem dat ons glad nie ‘n rehearsal met hierdie groep saam gehad vir hierdie show nie? Maar dis hoekom Bradley daar is, want hy vat ‘n sekonde om te hoor waantoe die song moet gaan en dan vat hy jou soentoe. Dan kom Pete by, solid op D, die band spring weg, ek sing en skielik is ek nie alleen nie:
hoofstroom, verbode rivier
word meer as ‘n mens
‘n heilige dier
Lanimybru en Jackie M dra my met engele stemme. Ons is onderweg. Hoofstroom smelt in Oom Ben van Les Javan in. Les vertel my die song is ‘n verwerking van ‘n ellelange song van iemand anders, maar hoe dit ook al sy, dis vir my een van die all time great songs daai:
Ek droom vanaand van oorle Ben
o, ek droom vanaand van oorle Ben
in die donker hom hy aan my rem
Ek deel my hart in drie
o, ek deel my hart in drie
maar in duisend stukke nie
Een na die ander sing die manne op die stage die mooiste songs en ek smile al die pad hier stilletjies binne my hart.
Loit speel so eksentrieke stuk goema chant vibe, wat noem mens dit Loit? Lochner speel ‘n song “die muur” van sy nuwe album:
te lank geleef om bang te wees
vir een of ander spook of gees
te veel geleef om te versoen
met boetes wat ek steeds moet doen
geen mites rites en dies meer
geen lesse om te leer
vergeelde wense teen die muur
verlore tyd kom weer
Dan kom die Wasgoedlyn Manifesto…. Hou so ogie op hierdie blad, want dit sal met tyd hier gepubliseer word.
Dan meneer Malan met Jezebel:
Selfde mense, selfde bar
jy stap in, almal sê siedaar
ek wys niks, speel dit koel
niemand kan sien hoe ek werklik voel…
Jezebel, emancipate me from your spell…
(gaan kry die res van www.tunelink.co.za)
Ons val weg met Human:
I heard from the mountain some people were singing
the old man was crying his children are dying
from the mountain top I heard them sing
like a million voices all into one:
Human,
we are Human…
Die eerste set eindig met ‘n musikale orgasme as die hele band in 6de rat inskop en laat spat. As jy so ‘n hoogte bereik het, dan is daar nie meer plek boontoe nie. Dis wanneer ek almal van die stage afjaag en Bacchus Nel opstuur, net hy en Marissa. Hulle maak mooi, die res van die band kyk van die kant van die verhoog hoe Bacchus die vaandel dra. Dan een een dik sy groep aan. Bradley gaan op, ondersteuning op die tromme en Pete op bass by. Dan kom Les en ekke en Lochner en die band word so bietjies bietjies groter. Tot op die ou end almal weer op die verhoog is en met voller borste almal gelate:
Hei hei hei hei Lucy
Ek wens jy wil nog een keer vir my dans
Partytjie! Tweede musikale orgasme.
Dan begin alles weer van voor af. Almal van die verhoog af. Almal behalwe Les Javan. Hy begin met ‘n solo stuk net om vir die mense te wys dat hy weet watter kant van die kitaar om vas te hou. Vir sy tweede nommer speel hy ‘n stuk met Greg Georgiades, Urpha. Awesome!
Dan stukkie vir stukkie kom die manne weer by en kort daarna: die derde musikale orgasme. Dit kook. Greg gooi daai vreemde solos. Bradley sit soos yster, Pete gooi ‘n swing in die mix en dit ruk mal. Na die maniese Vallei gebeur al die wonderwerk. Nie gedink ons sal weer daardie hoogtes bereik nie, maar ons het. En toe, hoe maak mens nou, ons bo teen die dak? Toe maak die hemele oop met Sarah, Icon, van Loit. Dis asof God haarself na die partytjie toe genooi het begin die reën saggies val. Ons is geraak.
Uitasem, sal hier breek. Dit was heilig, daar is niks meer om te sê nie.
(Onthou as jy nog nie jou Wasgoedlyn volume 1 se tunes gaan download het by http://tunelink.co.za nie, waarvoor wag u? Four Vark Steaks!)
Recent Comments