
Rian Malan
Rian Malan is al die Christopher Hitchens van SuidAfrika genoem. Hierdie benaming het seer sekerlik te doen met sy vra-geen-verskoning-houding wanneer hy sy kontroversiële uitsprake oor die stand van die land, hetsy in die Apartheidsjare, of die hedendaagse politici wat septer swaai nie. Hy het geen simpatie met ongeregtigheid nie en het huiwer vir geen oomblik om korrupsie, nie net in politieke kringe nie, maar ook in ander industrieë te ontbloot en op die naam te noem nie. So het hy geveg om die familie van Solomon Linda, die skrywer van Wimoweh, wat toe later The Lion Sleeps Tonight geword het, te vergoed uit die opbrengs van die internasionale suksesvolle liedjie. Solomon Linda het ongelukkig geen baat gevind by sy liedjie nie en is in armoede oorlede.
Dit is Rian Malan. Hy sal sy laaste gee vir die wat meer behoeftig is, maar meer as dit…. hy het altyd ‘n oor en tyd om ongeregtigheid te bekamp en uit te wis.
Rian is meer bekend vir sy briljante joernalistiek en sy uitsonderlike boek My Traitor’s Heart (hy noem hierdie ‘n “one hit wonder”) as vir sy musiek. Tog vorm musiek een van die belangrikste aspekte van wie hy is en hoe hy homself uittdruk.
Hy het al talle liedjies geskryf. Ook vir onder meer die Radio Kalahari Orkes. Hy noem sy musiek ‘n troue tussen Afrikaanse tradisionele musiek en Joodse-
sigeunermusiek. Hoe dit ook al sy….Rian se musiek laat die voete jeuk en die hormone op en af spring. So smeulend, eksentriek, eerlik en sjarmant die man is, so ook is die liriek en klanke wat Rian Malan maak.
Discography

Die Wasgoedlyn vol 1