
Willim Welsyn
Die Afrikaanse rocker Willim Welsyn het al ses albums uitgereik, drie solo albums, twee saam met sy groep Die Sunrise Toffies en sy onlangse Engelse album Shunt onder die naam William Welfare.
Hy is al twee keer vir ’n SAMA-toekenning benoem en het ook ’n Huisgenoot Tempo Toekenning ontvang vir sy albumMaanplaas.
In die aande wanneer hy nie optree nie voer hy indiepte onderhoude met ander legendariese musikante en kunstenaars binne in sy garage in Bellville vir sy gewilde aanlyn podcast show WAT Met Willim Welsyn. www.williamwelfare.com