Op Toer
Op die Mieliepoptoer met Wasgoedlyn
Dag 1 en Jackie M vat die stuur sometime na Worcester en die uwe dink hy kan gou-gou ‘n joernaalinskrywing maak, want wat die laaste 24 uur gebeur het is te mal om te wil vergeet, maar gegewe die spoed waarteen dinge beweeg sal gegewens maklik deur die krake die niet in verdwyn, daarom dan hierdie joernaal. Ek wou beriggewing doen oor die asembenewende snelheide wat kan bereik word in ‘n voertuig as Jackie M agter die stuur is, maar toe ek opkyk is ons agter ‘n Tazz vasgekeer teen 40km/h deur Lainsburg.
“Tekens” is die eerste woord die oggend van die ontwakende Jackie M in die donker huis in St. Rand. Dis kwart oor drie die oggend. Die eerste van die twee olifante in die kamer is die elektrisiteit wat gistraand so net na elf afgegaan het. Ons het vergeet om Eskom te koop. Die meter sit in ‘n kas in die kombuis. Dis maklik om van iets te vergeet as dit jou nie in die oog staar elke oggend nie. Die tweede teken is die fokkol geld in ons bankrekening en die belofte van inbetaling wat nie verskyn nie. Moet ons ry, moet ons nie? As ons ry there would be trouble, if we stay it would be double. Ons moet ry. Ons is op.
Ek maak Les J se leë bed wakker. Die voordeur is oop. Hy kom van buite af in uit die donker na die kontrasterende donkerte van binne. “Loit kan die sleutels nie vind nie.” Hy is vasgekeer in die cottage. Sleutels soek in daglig is iets wat ek al soveel keer meegemaak het dat ek patente gekonsetualiseer het vir sleutelopspoor gadgets. Tel nou nog die duisternis by en die feit dat my patent nog nie prototipe het nie en ons sit met ‘n derde teken.
Kitare, trekklaviere, tromme en kak word als in ons rooivlamwa gelaai. Uitendelik maak Loit S sy verskyning.
“Hoe lykkit?” vra ek.
“Dit lyk na niks in die donkerte, ehêh,” kom die lag van Loit se kant af.
…
Ons laai vir Ruben S in Helderview in die skemerte voor daglig. Ons slat die groot pad met garage pies en koffie en die eerste lat so bietjie diekant van Worcester by ‘n stop and go. Alles voel stop and go. Expect 10 minutes delay at every instance. Maar daais eintlik alles in jou kop, want die natural flow van alles skep die illusie van stilstand so tussen die beweging, wanner in der waarheid alles pretty damn vinnig aanstap. Het ek genoem dat Jackie M nogal fokkof? Ons pyl op Beaufort-Wes af en ek dink aan die Kaptein G wat so amper ‘n arm laat draai het om in te klim, maar wie se awersie vir Gauteng my uit meegevoel sy arm sonder verdere insident aan hom terugbesorg het.
Ons is werklik op pad. Geen omdraai nou meer nie en ek wonder hoe lekker word Rian M nou wakker met die wete dat ons mik om sy wêreld in groot getalle binne te val, kop tot toon bewapen met allerlei instrumente en geen benul wat ons gaan speel nie. Al wat ons weet is Donderdagaand sien die Wasgoedlyn se afskopvertoning in the Room, Stanley 44, Jhb, Suid-Afrika, Afrika, Planeet Aarde, hierdie melkweg, hierdie heelal. Ek het ook nog nie werklik bevestig wie almal daar gaan wees nie. Piet B het genoem hy maak ‘n draai. Bacchus sê hy kom met Rynier Ersnt Julius Prins en Marissa W. Dan Loit, Les, Jackie M en die uwe… Dit maak eintlik nie saak wie kom nie, wat ons gaan speel nie, dit gaan net fokken awesome wees.
…
Dis na nege. Ek gaan loer of ek nie iets kan wyser raak oor die oplossing van Teken 2 nie. Bel vir Coenraad S. Hoor wat hy sê. Hoop vir bucks voor Colesberg. Hy antwoord nie. Dis net-net na nege. Hy is ‘n organiser van ‘n rock fees, die bra slaap seker steeds. Ons ry voort op ‘n huilmêrrie. Leeugamka. Loit sal jou sê “gam” is die Khoi woord vir leeu in anycase. Toutologie dus. Ons ry oor die leeu rivier by leeuleeu. En Jackie M mompel: “Daar is niks wat my so grief soos ‘n spoedgrens nie.” Jackie se sinne verkort deur die weglating van vloekwoorde. “Speel daar vir ons die insekte, Michael Jackson, enige iets.” Vroetel-vroetel met ‘n nukkerige frontloader CD player wat die Beatles weier. Michael word aanvaar, ironies nogal iets wat nie in sy eie leeftyd gebeur het nie. “Daarsy!” begin die Jackie haar Jackson “hie-hiees”. Tussen songs vra sy: “Antwoord daai dude nie sy foon nie?” Ek skud my kop en sy “Billy Jean… not my lover… the kid is not my son… hie-hie-hiee.”
anyway ek moet ry, chat later…
Comments are closed
Recent Comments